Wie is Dienkie En Doedels ?
Dienkie is Doedels is die twee oulikste seekoeie op aarde!
Dienkie is Doedels se ouer sussie wat graag saam met haar klein
boetie allerhande nuwe dinge leer!
Didi, ons aanbieder, kuier gereeld in Seekoei Land waar sy vir al die
maats lessies leer saam met Dienkie en Doedels. Terwyl ons soveel
nuwe dinge leer, kuier, lag, gesels en dans ons almal ook te lekker!
(Maak Deel Uit Van Ons Teen-Boelie Program)
Pret Vertoning
Didi leer vir Dienkie, Doedels en die maats sommer ‘n klomp nuwe
lessies met baie saam-sing liedjies en dansies! Didi vertel vir ons
van Morsjorse, Higiëne, Boelies, Spaarvarkie, Diere geluide,
Teenoorgesteldes, hoe om te tel en om dankbaar te wees.
Nee Vir Boelies
Doedels is baie hartseer, want daar is ‘n boelie by sy skool wat hom seermaak! Didi leer vir die maats wat is boelies en leer vir die maats hoekom jy nie ‘n boelie moet wees nie! Didi vra vir Dienkie en die maats om te help planne maak om boelies vas te vat. Liedjies en dansies wat spesifiek vir hierdie tema geskryf is, word gebruik om die vertoning interaktief te hou. Die doel van hierdie vertoning is om kinders bewus te maak van boelie, hoe om dit te identifiseer en wat om te doen as hulle geboelie word.
Die Spaarvarkie
Didi en Dienkie leer vir Doedels en die maats hoekom ‘n mens moet spaar en hoe om die spaarvarkie te gebruik. Die maats leer ook dat Mamma en Pappa nie vir ons alles kan koop nie en dat ons verantwoordelike kinders is as ons leer spaar! Die vertoning is baie interaktief deur liedjies en dansies wat spesifiek vir hierdie vertoning geskryf is.
Dienkie en Doedels kuier graag saamet Didi by JOU skool of fees en kan nie wag om julle te ontmoet nie!

