Goeiedag Maats
Ontmoet vir Dienkie en Doedels! Die twee oulikste seekoeie in die land!
Didi, ons aanbieder, leer graag vir Dienkie en Doedels interessante nuwe dinge en nooi al ons maats om
saam te kom sing, dans, lag en kuier!
Dienkie en Doedels kuier graag by kinders regoor Suid-Afrika! Ons het drie fantastiese interaktiewe
“Vertonings” om van te kies:
PRET VERTONING waar ons klomp kort lessies leer en saam sing en dans
TEEN BOELIE VERTONING waar Didi ons leer hoekom dit verkeerd is om ‘n boelie te wees
SPAARVARKIE waar Didi ons leer hoekom ons ‘n geldjie moet spaar
Didi, Dienkie en Doedels kuier graag by jou Kleuterskool, Laerskool, Fees, Skou of Partytjie!
Ons splinternuwe “DVD” is vol pret, lessies, die mooiste saamsing liedjies, lag en dans! Bestel jou DVD
sommer nou vir ure se kykgenot!
Ons kreatiewe “Pret-pakkie” bied ure se pret met ons spesiale Dienkie en Doedels plakkaat, handgetekende
inkleurprente, inkleurkryte, plakkers en “badge”! Hou ook gerus ons “Inkopie Tyd” dop vir nuwe items wat
te koop aangebied word!
Dienkie en Doedels stuur ook gereeld ‘n “Nuusbrief” uit met interessante nuus uit Seekoei Land! Voltooi
gerus jou besonderhede onder “Wat is Nuus?” en stuur dit vir ons sodat ons al ons nuus met julle kan deel!
Dienkie en Doedels kan nie wag om jou te ontmoet nie!